Privaatheidsbeleid
INHOUDSOPGAWE
INLEIDING
- DOEL
- VERWERKER
- KONTAKBESONDERHEDE
- KLAGTES
- VERANDERINGE AAN PRIVAATHEIDSBELEID EN U PLIG OM ONS IN TE LIG VAN VERANDERINGE AAN U PERSOONLIKE DATA
- DERDEPARTYSKAKELS
- DEFINISIES EN AKRONIEME
- DATA WAT ONS OOR U INSAMEL
- HOE U PERSOONLIKE DATA INGESAMEL WORD
- HOE ONS U DATA GEBRUIK EN OPENBAAR MAAK
- HOE ONS U DATA GEBRUIK EN OPENBAAR MAAK
- OPENBAARMAKING VAN INLIGTING AAN DERDE PARTYE
- GEBRUIK VAN GESONDHEIDSDATA IN DIE VERENIGDE STATE
- ONTTREKKING AAN KOMMUNIKASIE VAN TRIALBEE
- GEBRUIK VAN KOEKIES
- KOEKIEPRIVAATHEIDSVOORKEURE EN TOESTEMMING
- GEBRUIK VAN DATA VIR BEMARKING
- TRAILBEE-KOEKIEVERKLARING
- DATAVERWERKING
- INLIGTING OOR DATASUBJEK
- OORDRAG VAN PERSOONLIKE DATA
- DATASEKURITEIT
- DATARETENSIE
- U DATAPRIVAATHEIDSREGTE INGEVOLGE GDPR EN VK-PRIVAATHEID
- GEEN GELD VEREIS
- U DATAPRIVAATHEIDSREGTE VOLGENS CCPA
- KINDERS
- ANDER INLIGTING
INLEIDING
Hierdie webwerf en beleid word voorsien en onderhou deur Trailbee AB (Trialbee), korporatiewe registrasienommer 556814-3019, met sy vernaamste sakesentrum in Södra Tullgatan 3, SE-211 40 Malmö, Swede.
Hierdie privaatheidsbeleid lig u in oor die beginsels wat ons gebruik beheer van die persoonlike data wat u ingedien het, of wat ons deur u verkry het deur ’n webwerf of deur te registreer as ’n gebruiker van die aanlyn dienste wat ons verskaf.
Trialbee se benadering tot die beskerming van persoonlike data wêreldwyd wat aan verskeie jurisdiksies en regstelsels erkenning gee, is van toepassing:
- In die res van die wêreld is verskillende regsreëls van toepassing, en ons sal persoonlike data gebruik en beskerm in ooreenstemming met reëls wat in werking is in die Europese Ekonomiese Gebied (EEA), wat die algemene databeskermingsregulasie (GDPR) aangeneem het. As u nie instem tot die bepalings van hierdie privaatheidsbeleid nie, moet u nie toegang verkry tot Trialbee se webwerf of dit gebruik nie.
- In die Verenigde State van Amerika het die federale handelskommissie gesag oor ons toepaslike nakoming wanneer dit op persoonlike data van toepassing is. As u nie instem tot die bepalings van hierdie privaatheidsbeleid nie, moet u nie toegang verkry tot Trialbee se webwerf of dit gebruik nie.
1. DOEL
Hierdie privaatheidsbeleid beskryf hoe Trialbee u persoonlike data insamel, gebruik, verwerk en beskerm en gee meer inligting oor die keuses wat vir u beskikbaar is oor hoe u u persoonlike data kan bestuur.
Ons beveel aan dat u hierdie privaatheidsbeleid lees saam met enige ander privaatheidsbeleid of verwerkingskennisgewing wat ons moontlik verskaf oor spesifieke geleenthede wanneer ons persoonlike data insamel en verwerk sodat u bewus is van hoe en waarom ons u data gebruik. Hierdie privaatheidsbeleid vul die ander kennisgewings aan en is nie bedoel om hulle te oorheers nie.
Hierdie privaatheidsbeleid identifiseer Trialbee as “ons” en soos in hierdie privaatheidsbeleid genoem, is ons verantwoordelik vir die verwerking van u data.
1.1. VERWERKER
Ons het ’n databeskermingsbeampte wat verantwoordelik is om vrae en/of versoeke in verband met hierdie privaatheidsbeleid te hanteer. As u enige vrae oor hierdie privaatheidsbeleid het, insluitende versoeke om u wetlike regte uit te oefen, kontak asseblief die databeskermingsbeampte deur die kontakbesonderhede te gebruik.
1.2. KONTAKBESONDERHEDE
Trialbee se kontakbesonderhede vir vrae en versoeke oor privaatheidsregte is:
Volle naam van wetlike liggaam: Trialbee AB, Databeskermingsbeampte
E-posadres: [email protected]
1.3. KLAGTES
U het die reg om enige tyd ’n klagte by die toepaslike toesighoudende gesag in die land waar u woon, in te dien.
Ons sal dit waardeer as u ons egter die geleentheid gee om u kwellinge te hanteer voordat u een van die nasionale toesighoudende owerhede nader. Kontak ons dus asseblief eerste by [email protected].
Om meer oor hierdie reg uit te vind en om die gepaste dataprivaatheidsowerheid te vind, gaan na die volgende:
- As u in Europa woon, kontak dan die webwerf van die Europese Kommissie: https://ec.europa.eu/info/policies/justice-and-fundamental-rights_en
- As u in die Verenigde Koninkryk woon, gaan na die webwerf van die kantoor van die inligtingskommissaris (ICO): www.ico.org.uk
- As u in die Verenigde State woon, kan u die Amerikaanse Federale Handelskommissie kontak by: https://www.ftc.gov/faq/consumer-protection/submit-consumer-complaint-ftc
- As u in die Asië-Stille Oseaangebied woon, kan u die webwerf van die Asië-Stille Oseaangesag (APPA) kontak: https://www.appaforum.org/contact/
1.4. VERANDERINGE AAN PRIVAATHEIDSBELEID EN U PLIG OM ONS IN TE LIG VAN VERANDERINGE AAN U PERSOONLIKE DATA
Ons behou die reg om hierdie privaatheidsbeleid te wysig en sal u in kennis stel deur hierdie kennisgewing by te werk. Gaan hierdie privaatheidsbeleid dus van tyd tot tyd na. Dit is belangrik dat die persoonlike data wat ons oor u hou, akkuraat en op datum is. Hou ons asseblief op hoogte van veranderinge aan u persoonlike data gedurende u verhouding met ons deur ons te kontak by [email protected].
1.5. DERDEPARTYSKAKELS
Hierdie webwerf kan skakels na derdepartywebwerwe, inpropprogramme en toepassings insluit. Deur op daardie skakels te klink of daardie verbindings te aktiveer, kan derde partye toegelaat word om data oor u in te samel of te deel. Ons beheer nie daardie derdepartywebwerwe nie en is nie verantwoordelik vir hulle privaatheidsverklarings nie. Wanneer u ons webwerf verlaat, spoor ons u aan om die privaatheidsbeleid van elke webwerf wat u besoek, te lees.
2. DEFINISIES EN AKRONIEME
Anoniem gemaak: soort inligtingsuiwering waarvan die bedoeling privaatheidsbeskerming is. Dit is die proses om persoonlik identifiserende inligting uit datastelle te verwyder sodat die persoon se identiteit anoniem word.
EEA: Europese Ekonomiese Gebied (European Economic Area)
GDPR: General Data Protection Regulation
CCPA: Verenigde State California Consumer Privacy Act
ICO: Verenigde Koninkryk Information Commissioner’s Office
PII: Persoonlik identifiserende inligting
PHI: Beskermde gesondheidsinligting (Personal Health Information)
Derde partye:
- Diensverskaffers wat as verwerkers optree en dienste aan ons verskaf.
- Professionele raadgewers wat as verwerkers of gesamentlike kontroleerders optree, insluitende prokureurs, bankiers, ouditeure en versekeraars wat konsultasie-, bank-, wetlike, versekerings- en rekeningkundige dienste aan ons verskaf.
- Reguleerders en ander staatsowerhede wat in enige jurisdiksie waarin ons werksaam is as verwerkers en gesamentlike kontroleerders optree en wat in sekere omstandighede verslagdoening oor verwerkingsaktiwiteite vereis.
Gedekte entiteit: ’n instelling, organisasie of ander entiteit wat onderhewig is aan die reëls van die Health Insurance Portability and Accountability Act van 1996 (“HIPAA”) in die Verenigde State. Gedekte entiteite sluit die volgende in: (i) ’n mediese skema, (ii) ’n gesondheidsorgklaringshuis en (iii) ’n gesondheidsorgverskaffer wat enige persoonlike identifiserende inligting in verband met ’n transaksie wat deur HIPAA gedek word, in elektroniese vorm oordra.
PIHI: Persoonlik identifiseerbare gesondheidsinligting en is enige inligting insluitend demografiese inligting wat van ’n individu ingesamel is wat:
(i) verband hou met (a) fisiese of geestesgesondheid of -toestand van ’n persoon in die verlede, hede of toekoms; (b) die verskaffing van gesondheidsorg aan ’n persoon of (c) die betaling van gesondheidsorg aan die persoon in die verlede, hede of toekoms; en
(ii) die persoon identifiseer of daar is ’n redelike grondslag om te glo dat dit gebruik kan word om die persoon te identifiseer; en
(iii) PIHI sluit nie onderwysrekords of mediese rekords in wat deur die wet op gesinsopvoedingsregte en -privaatheid gedek word of diensrekords wat deur Trialbee in sy rol as werkgewer gehou word nie.
Persoonlik inligting: enige inligting wat ingevolge die Kaliforniese wet op verbruikersprivaatheid (“CCPA”) in die Verenigde State ’n spesifieke verbruiker of huishouding identifiseer, daarmee verband kan hou, dit kan beskryf, redelik in staat is om daarmee in verband gebring te word of wat redelik, direk of indirek, daarmee gekoppel kan wees.
3. DATA WAT ONS OOR U INSAMEL
Soos baie handelsorganisasies monitor ons die gebruik van hierdie webwerf deur saamgestelde inligting met behulp van koekies in te samel.
Tipies samel ons inligting in oor die getal besoekers aan die webwerf, aan elke webblad en die oorspronklike domeinnaam van die besoeker se internetdiensverskaffer.
Hierdie inligting word gebruik om die besoeker se gebruik van die webwerf te verstaan en kan met ons geaffilieerdes en/of ander derde partye gedeel word. Ons het geen manier wat redelik aan ons beskikbaar is om die identiteit van individuele gebruikers uit versamelde inligting vas te stel nie.
Ons mag Geaggregeerde data versamel, gebruik en deel soos algemene statistiese data vir enige doel. Saamgestelde data kan afgelei word van u persoonlike data maar word nie wetlik as persoonlike data beskou nie omdat hierdie data nie u identiteit direk of indirek openbaar nie.
Ons kan ook kategorieë van persoonlike data oor u uitvoer of insamel wat soos volg gegroepeer is:
- Monitor klantverkeerpatrone:
- Werfgebruikinligting wat ons help om die ontwerp en uitleg van ons webwerf te verbeter en om u ondervinding te personaliseer deur die inhoud wat u sien, pas te maak en sodoende u gebruikerservaring te verbeter.
- Doen statistiese ontleding op ons lede se rekeninge om te bepaal:
- hoeveel aktief is,
- hoe dikwels dit gebruik word, en
- by hoeveel van ons ander webwerwe u geregistreer is.
- Identiteitsdata sluit eerste naam, nooiensvan, van, gebruikersnaam of soortgelyke identifiseerders in.
- Kontakdata sluit fisiese adres, afleweringsadres, e-posadres en telefoonnommers in.
- Transaksiedata sluit besonderhede van produkte en dienste in wat u van ons en/of ons geaffilieerdes ontvang of gekoop het. Dit sluit in en is nie beperk nie tot webvorms wat data of kontakinligting insamel of ’n opname.
- Tegniese data sluit internetprotokol- (“IP”-)adres, aanmelddata, blaaiertipe en -weergawe, tydsone-instelling en ligging, blaaierinpropprogramme en -weergawes, bedryfstelsel en -platform en ander tegnologie in wat op die toestel is wat u gebruik om toegang te verkry tot hierdie webwerf.
- Gebruiksdata sluit inligting in oor hoe u ons webwerf, produkte en dienste gebruik.
- Bemarkings- en kommunikasiedata sluit u voorkeure in om bemarking van ons en/of ons geaffilieerdes te ontvang.
- Gesondheidsdata sluit inligting in oor enige aspek van u gesondheid en/of gevolge van deelname aan enige kliniese studies wat deur ons kliënte georganiseer word.
Ons kan soms sensitiewe persoonlike data, byvoorbeeld, inligting oor u fisiese of geestesgesondheid of -toestand, verkry maar net as u ons vrywillig hierdie inligting gee en instem tot ons insameling van hierdie inligting vir die doel soos uiteengesit word in hierdie privaatheidsbeleid en enige spesifieke privaatheidsverklaring wat verskaf word.
Ons kan ook inligting oor u menings verkry, as u byvoorbeeld terugvoer stuur of ons vrae vra.
Ons kan ook soms inligting oor u ontvang uit ander bronne, wat ons by die inligting sal voeg wat ons reeds oor u het om ons te help om ons diens aan u te verbeter en te personaliseer.
4. HOE U PERSOONLIKE DATA INGESAMEL WORD
Ons gebruik verskillende metodes om die kategorieë data wat hier bo beskryf word, in te samel deur middel van, maar nie beperk nie tot:
- Data-interaksies. U het moontlik u persoonlike data gegee deur vorms in te vul of deur per pos, telefoon en e-pos of andersins met ons te korrespondeer. Dit sluit persoonlike data in wanneer u:
- aanlyn aansoek doen of registreer,
- kontrakteer om produkte en/of dienste te ontvang, d.i. ’n kontrak met Trialbee om ’n kliniese studie wat u borg, te ondersteun,
- inligting aanvra, en/of
- versoek dat bemarkingsmateriaal aan u gestuur word.
- Geoutomatiseerde tegnologieë of interaksies. Wanneer u met ons webwerf interaksie het, kan ons outomaties tegniese data oor u toerusting, blaaieroptrede of -patrone insamel.
- Ons samel hierdie persoonlike data in deur koekies, loglêers en ander soortgelyke tegnologieë te gebruik.
- Ons kan ook tegniese data oor u ontvang van ander webwerwe wat u besoek en wat ons koekies gebruik. Hierdie saamgestelde data gee ’n makro-oorsig van besoekers se verkeerspatrone en verskaf inligting oor watter dele van die webwerf besoekers die meeste besoek. Niks van hierdie inligting word aan enige persoonlike inligting gekoppel nie.
- Ons samel tegniese data in en teken dit op soos in afdeling 3 hier bo beskryf word.
- Derde partye of openbaar beskikbare bronne. Ons kan persoonlike data oor u van verskillende derde partye en openbare bronne kry soos:
- Verskaffers van ontledingsdata soos Piwik Pro
- Advertensienetwerke
- Soektoginligtingsverskaffers
- Portale
- Kontak- en transaksiedata van verskaffers van tegniese, betalings- en afleweringsdienste.
- Identiteit- en kontakdata van datamakelaars of -versamelings.
5. HOE ONS U DATA GEBRUIK EN OPENBAAR MAAK
Trialbee sal nie u PII of PHI aan derde partye verkoop, met hulle ruil of aan hulle uithuur nie. Ons kan egter soms met ander maatskappye en individue skakel om dienste namens ons te verrig.
Ons sal u persoonlike data in die volgende omstandighede gebruik:
- Om die dienste te verrig of die produkte wat u versoek, te verskaf,
- Om mense te vind wat soortgelyke aanlyn aktiwiteite as u uitvoer of soortgelyke belangstellings as u het en hulle van inligting te voorsien oor ’n moontlike navorsingsgeleentheid. Dit kan ook “ewebeeldmodellering” genoem word.
- Om wetlike verpligtinge teenoor u, ons kliënte, of soos die wet vereis, na te kom,
- Waar ons ’n wetlike of regulatoriese verpligting moet nakom.
- In die EEA, wanneer nodig vir ons regmatige belange of dié van ’n derde party en u belangstellings en fundamentele regte nie hierdie belange oorheers nie.
Trialbee sal nie u persoonlike data deel nie, tensy:
- Ons u andersins ingelig het en u toestemming verkry het, of
- Daar ’n wettige of regulatoriese verpligting bestaan, of
- Ons wetlik verplig word om die data te deel.
Ten opsigte van gebruik van u persoonlike data soos hier bo beskryf, sal ons dit net doen wanneer ons (i) u toestemming het of (ii) u ’n bestaande ontvanger van hierdie kommunikasie is. U het die reg om u toestemming tot bemarking enige tyd terug te trek deur ons per e-pos te kontak by [email protected].
Verklaring van toestemming
Trialbee-studiewebwerwe sal beskryf hoe ons van plan is om u data te gebruik. Hierdie toestemmingsgebied verskyn gewoonlik voor of ná ’n aanlyn vraelys, maar altyd voordat u enige persoonlike data by ons indien.
5.1. HOE ONS U DATA GEBRUIK EN OPENBAAR MAAK
Die matriks hier onder beskryf die maniere waarop ons van plan is om u persoonlike data te gebruik, die regsgrondslag en identifiseer regmatige belange waar van toepassing.
Let daarop dat ons u persoonlike data vir meer as een wettige grond kan verwerk, afhangende van die spesifieke doeleindes, dit is in die tabel hieronder uiteengesit:
Hoe ons van plan is om u data te gebruik: |
Kategorie(ë) van data |
Wetlike grondslag vir verwerking, insluitende regmatige belange |
Om u registrasieversoek te voltooi. |
|
Nakoming van ’n kontrak met u of by u versoek/registrasie-indiening. |
Om dienste/produkte te verwerk en te lewer en/of kontraktuele verpligtinge vir u na te kom. |
|
|
Om ons verhouding met u te bestuur, wat die volgende kan insluit:
|
|
|
Om te bestudeer hoe ons produkte/dienste gebruik word en om ons produkte/dienste en ons onderneming te ontwikkel en uit te brei wanneer u ’n opname/vraelys voltooi of wanneer u ons produkte/dienste gebruik. |
|
|
Om te oorweeg of u kwalifiseer/gepas is vir deelname aan ’n kliniese studie wat verband hou met ’n kliniese ondersoek of klinieseondersteuningsprogram wat deur ons kliënte geborg word. |
|
|
Om ons onderneming en hierdie webwerf te administreer en beskerm, insluitende foutopsporing, dataontleding, toetsing, stelselinstandhouding, ondersteuning, verslagdoening en om gasheer van data te wees. |
|
|
Om toepaslike webwerfinhoud en advertensies aan u te lewer en die doeltreffendheid van die reklame wat ons aan u bied, te meet of verstaan. |
|
Nodig vir ons regmatige belange, om te bestudeer hoe klante ons produkte/dienste gebruik, om dit te ontwikkel, ons onderneming uit te brei en om die agtergrond te verskaf vir ons bemarkingstrategie. |
Om data-ontleding te gebruik om ons webwerf, produkte en dienste, bemarking, klanteverhoudings, ervaring te verbeter en om ’n ouditrekord vir toestemming te verskaf. |
|
Nodig vir ons regmatige belange, om tipes klante vir ons produkte en dienste te definieer, om ons webwerf bygewerk en relevant te hou, om ons onderneming te ontwikkel en die agtergrond te verskaf vir ons bemarkingstrategie. |
Om aan u aanbevelings te maak oor produkte of dienste waarin u dalk sal belangstel. |
|
Nodig vir ons regmatige belange, om ons produkte/dienste te ontwikkel en ons onderneming uit te brei. |
Om wetlike verpligtinge, insluitende regeringsondersoeke, dagvaardings of ander regsprosesse na te kom of soos andersins nodig is om fisiese of finansiële skade te voorkom of om misdaad en bedrog te voorkom. |
|
|
5.2. OPENBAARMAKING VAN INLIGTING AAN DERDE PARTYE
Trialbee mag u persoonlike data, soos hier onder uiteengesit, met vertroude kliënte en diensverskaffers deel wanneer nodig vir die doelwitte soos in die tabel in afdeling 5.1 hier bo uiteengesit.
- Kliniese navorsingsentrums, sentrums of klinieke wat die kliniese studie waarvoor u u inligting ingedien het, uitvoer.
- Derdepartysubkontrakteurs wat dienste aan ons verskaf en/of ons help om dienste aan u te verskaf.
- Derdepartysubkontrakteurs wat verkoop, oordra of saamsmelt.
- As ’n verandering in beheer met betrekking tot ons onderneming ontstaan, kan die nuwe eienaars u persoonlike data op dieselfde manier gebruik soos in hierdie privaatheidsbeleid uiteengesit is.
- Ons mag persoonlike inligting aan die polisie, regeringsowerhede of andersins in reaksie op ’n wetlike dagvaarding of proses openbaar maak soos vereis word deur toepaslike wette of in die omstandighede wat die moontlikheid van fisiese of finansiële skade, bedrog of misdaad behels.
Ons vereis dat alle derde partye die sekuriteit van u persoonlike data respekteer en om dit ooreenkomstig die wet te behandel.
Ons laat nie ons derdepartydiensverskaffers toe om u persoonlike data vir hulle eie doeleindes te gebruik nie en laat hulle net toe om u persoonlike data te verwerk vir die spesifieke doelwitte en ooreenkomstig ons instruksies.
Ons verkoop of verhuur nie u persoonlike data aan enige derde party uit nie. Ons gebruik en openbaarmaking van PHI is beperk tot die minimum hoeveelheid wat nodig is om die verklaarde doel van die spesifieke kliniese studie te bereik en word gebruik in verband met voorafkwalifikasieaktiwiteite vir sulke kliniese navorsingstudies. Dit sluit in die gebruik van studievraelyste wat net vrae vra wat verband hou/in verband gebring word met die spesifieke kliniese navorsingstudie soos in goedgekeurde protokolle gespesifiseer word. U inligting sal nie openbaar gemaak word tensy ons uitdruklike toestemming van u het om dit te doen nie.
5.3. GEBRUIK VAN GESONDHEIDSDATA IN DIE VERENIGDE STATE
Die Health Insurance Portability and Accountability Act van 1996 (“HIPAA”) en latere regulasies wat deur die departement van gesondheid en menslike dienste (“DHHS”) gepubliseer is, stel beperkings op ander organisasies (gedekte entiteite) wat onder HIPAA gedek kan word met betrekking tot u verhouding met Trialbee. Daar kan, gedurende die verskaffing van werwingsdienste vir een van hierdie organisasies, van Trialbee vereis word om sekere aspekte van HIPAA na te kom in hulle uitvoering van navorsingsaktiwiteite met menslike deelnemers.
Hoewel Trialbee nie ’n gedekte entiteit is soos in die HIPAA-privaatheidsregulasies gedefinieer nie, is ons beleide en prosedures, wat die privaatheidsregte van navorsingsdeelnemers wat in hierdie privaatheidsbeleid ingesluit is, rig, verenigbaar met dié wat deur HIPAA vereis word vir gedekte entiteite en sal standaard word vir navorsingsaktiwiteite waarby PIHI betrokke is.
Alle PIHI-data wat deur Trialbee in ooreenstemming met kliniese studiewerwing ingesamel word, word elektronies vasgelê en oorgedra deur ’n veilige netwerkverbinding met ’n veilige databasis. Trialbee se dataveiligheidsbeleide is konsekwent met goeie kliniese praktyke, HIPAA en GDPR-standaarde.
5.4. ONTTREKKING AAN KOMMUNIKASIE VAN TRIALBEE
U kan u enige tyd onttrek en ons vra om op te hou om inligting, en/of herinneringe, aan u te stuur deur ons te kontak by [email protected].
As u u aan die ontvangs van inligting, en/of herinneringe, onttrek, sal dit nie ’n uitwerking hê op die persoonlike data wat aan ons voorsien word weens ’n produk/diens soos registrasie, produk-/dienservaring of ander transaksie nie.
5.5. GEBRUIK VAN KOEKIES
Ons gebruik webkoekies en ander tegnologieë om ons webwerf te verbeter om gebruikerspesifieke inligting aan te teken op webbladsye waartoe toegang verkry word of besoek word. Die gebruik van koekies laat ’n beter gebruikerservaring toe wanneer besoekers na die webwerf terugkeer.
Benewens die gebruik van streng noodsaaklike koekies, wat dié is wat die webwerf laat oopmaak en funksioneer, gebruik ons koekies:
- om te wete te kom hoe ons webwerf gebruik word en hoe dit presteer, insluitende statistiek oor verskillende webwerwe,
- om u van bykomende funksionaliteit en personalisering te verskaf,
- om u sosialemedia-interaksies te bied, en
- vir teiken- en bemarkingsdoeleindes.
U kan u blaaier stel om alle of party blaaierkoekies te weier of om u te waarsku wanneer webwerwe koekies plaas of toegang daartoe verkry. As u koekies deaktiveer of weier, kan party dele van die webwerf ontoeganklik word of nie optimaal werk nie.
5.5.1. KOEKIEPRIVAATHEIDSVOORKEURE EN TOESTEMMING
Wanneer u koekies aanvaar, stem u in dat die koekie op u rekenaar, tablet of slimfoon gestoor kan word. As u u aan koekies onttrek, sal u nie al die webwerfinhoud kan sien nie.
5.5.2. GEBRUIK VAN DATA VIR BEMARKING
5.5.3. TRAILBEE-KOEKIEVERKLARING
Ons gebruik koekies om die webwerf optimaal te laat werk. Koekies word gebruik om u instellings te stoor, te ontleed hoe u blaai en inhoud pas te maak sodat dit by u pas. Hulle word ook gebruik om ons dienste te bevorder, en party koekies kom van maatskappye saam met wie ons werk.
6. DATAVERWERKING
Trialbee AB, korporatiewe registrasienommer 556814-3019, adres: Södra Tullgatan 3, 211 40 Malmö, Swede, [email protected], samel persoonlike data in, verwerk, stoor en deel dit namens die kontroleerder vir werwing vir kliniese navorsing.
Die kontroleerder (die navorsingstudieborg, AstraZeneca PLD) is van voorneme om ’n kliniese studie uit te voer om die veiligheid en doeltreffendheid van ’n navorsingsproduk vas te stel. In verband met die verwerking van u persoonlike data gedurende die aansoekproses is die kontroleerder die datakontroleerder wat verantwoordelik is om u persoonlike data te verwerk ooreenkomstig toepaslike databeskermingswetgewing. Die kontroleerder het egter Trailbee AB (“Trialbee”) die taak gegee om u aansoek vir die studie te verwerk.
As u daarin belangstel om aan hierdie studie deel te neem, sal Trialbee vir u, namens die kontroleerder, vra om sekere inligting oor uself te verskaf om u aansoek vir die studie te verwerk. Dit laat ons toe om u potensiële geskiktheid vir die studie te evalueer en om u gedurende die aansoekproses te kontak. Die inligting wat ons van voorneme is om in te samel, is u naam, telefoonnommer(s), e-posadres en antwoorde op vrae wat ons u vra om te bepaal of u kwalifiseer. Hierdie antwoorde kan inligting oor u gesondheid insluit. Gesondheidsinligting word net gebruik vir die doel om vas te stel of u vir hierdie kliniese studie kwalifiseer.
Inligting oor u word in Trialbee se stelsel gestoor totdat werwing vir die kliniese studie voltooi is of tot u versoek dat die data geskrap word deur ’n e-pos te stuur aan [email protected], wat ook al eerste voorkom.
U kan u toestemming tot die kontroleerder se verwerking van u persoonlike data vir die doel om u aansoek te evalueer enige tyd terugtrek deur Trialbee te kontak by [email protected]. As u u toestemming terugtrek, sal Trialbee ophou om u persoonlike data te verwerk. As u inligting met ’n vertroude derde party gedeel is, sal ons hulle van u terugtrekking in kennis stel. As u gekies het om aan die kliniese studie deel te neem en die ingeligtetoestemmingsvorm (“ICF”) onderteken het, sal u u versoek aan die navorsingsentrum moet oordra.
Vir verdere inligting oor Trialbee se verwerking van u persoonlike data namens die kontroleerder en u regte volgens die toepaslike data, sien afdeling 6.1.
6.1. INLIGTING OOR DATASUBJEK
Inligting oor Trialbee se verwerking van u persoonlike data namens die kontroleerder om u inligting vir hierdie kliniese navorsingstudie te registreer, word hier onder aangegee.
AstraZeneca PLC (die kontroleerder)
’n Openbare maatskappy met beperkte aanspreeklikheid wat in Engeland en Wallis geregistreer is met maatskappynommer 02723534
1 Francis Crick Avenue, Cambridge Biomedical Campus, Cambridge, CB2 0AA
Toepaslike kontakpunt
Trialbee AB (“Trialbee”) (die verwerker)
Maatskappyregistrasieno. 556814-3019
Södra Tullgatan 3
211 40, Malmö
Swede
Kategorieë van persoonlike data
Naam, telefoonnommer(s), e-posadres, geslag, ouderdom en antwoorde op vrae wat ons u vra om te bepaal of u kwalifiseer. Hierdie antwoorde kan inligting oor u gesondheid insluit.
Doel van verwerking
Om u registrasie vir die studie uit te voer deur te evalueer of u kwalifiseer en u gedurende die voorkwalifikasieproses te kontak.
Regsgrondslag vir verwerking
U toestemming.
Regsgrondslag
U toestemming.
Kategorieë van ontvangers
Die persoonlike data sal namens die kontroleerder deur Trialbee verwerk word. U persoonlike data kan ook gedeel word met diegene wat betrokke is by die verwerking van u aansoek namens Trialbee, d.i. mediese beroepspersone wat namens die kontroleerder optree en/of deur Trialbee namens die kontroleerder aangestel word en/of personeel van ’n studiekliniek (ook bekend as ’n navorsingsentrum) wat u kan kontak om vas te stel of u vir die studie kwalifiseer. Hulle sal die enigste partye wees wat toegang het tot hierdie inligting.
Retensietydperk
Trialbee sal u persoonlike data, namens die kontroleerder, hou totdat werwing vir die kliniese studie voltooi is of totdat u versoek dat die data geskrap word, wat ook al eerste plaasvind.
U regte
Ingevolge toepaslike databeskermingswetgewing het u die reg tot toegang tot of regstelling van u persoonlike data. Daarbenewens, en in die mate wat in toepaslike databeskermingswetgewing uiteengesit word, kan u uitwissing van persoonlike data of beperking van die verwerking van u persoonlike data versoek. Onder sekere omstandighede het u ook ingevolge toepaslike databeskermingswetgewing die reg op beswaar teen verwerking sowel as die reg op data-oordraagbaarheid. As u enige van die bogenoemde regte wil uitoefen, moet asseblief nie huiwer om Trialbee te kontak nie (sien kontakbesonderhede hier bo). Waar die verwerking van u persoonlike data van u toestemming afhang, kan u daardie toestemming enige tyd terugtrek deur óf die kontroleerder óf Trialbee te kontak. As u ontevrede is met ons verwerking van u persoonlike data, laat ons asseblief weet, en ons al ons bes doen om u kwellinge op te los. U integriteit is baie belangrik vir ons, en ons streef altyd daarna om u persoonlike data op die beste moontlike manier te beskerm en te beveilig. As ons nietemin, na u mening, nie suksesvol is hierin nie, let asseblief daarop dat u die reg het om enige tyd ’n klagte in te dien by die toepaslike toesighoudende owerheid in die land waar u woon.
7. OORDRAG VAN PERSOONLIKE DATA
U persoonlike inligting kan gestoor en verwerk word in enige land waar ons fasiliteite of diensverskaffers het, en deur ons diens te gebruik of deur toestemming aan ons te gee (waar die wet dit vereis), stem u in tot die oordrag van inligting na lande buite die land waar u woon, insluitende na die Verenigde State, wat moontlik verskillende databeskermingsreëls as u land het. Daar is gepaste kontraktuele en ander maatreëls om persoonlike inligting te beskerm wanneer dit na ons geaffilieerdes of derde partye in ander lande oorgedra word.
8. DATASEKURITEIT
Ons en ons derdeparty gasheervennote het die gepaste sekuriteitsmaatreëls ingestel om te voorkom dat u persoonlike data verlore gaan, gebruik word of op ’n ongemagtigde manier toegang daartoe verkry word, dat dit verander of openbaar gemaak word. Daarbenewens beperk ons toegang tot u persoonlike data met die minste bevoorregting tot u persoonlike data aan die werkgewers, agente, kontrakteurs en ander derde partye wat ’n sakereg het om te weet. Hulle sal net op ons instruksie toegang tot u data verkry, en hulle is onderhewig aan ’n vertroulikheidsplig.
Ons het prosedures om vermeende breuke van datasekuriteit te hanteer en sal u en enige toepaslike reguleerders van breuke in kennis stel ingevolge toepaslike regsvereistes.
9. DATARETENSIE
Ons sal u persoonlike data slegs hou vir so lank as wat dit nodig is vir die doel waarvoor ons dit ingesamel het, insluitende vir die doel om aan enige regs-, rekenkundige of verslagdoeningsvereistes te voldoen.
Om die gepaste retensietydperk vir persoonlike data vas te stel, neem ons die hoeveelheid, aard en sensitiwiteit van die persoonlike data, die potensiële risiko of skade van ongematigde gebruik of openbaarmaking van u persoonlike data, die doel waarvoor ons u persoonlike data verwerk en of ons daardie doelwitte op enige ander manier kan bereik, in ag tesame met die toepaslike vereistes.
Ons anonimiseer ook u persoonlike data (sodat dit nie meer met u in verband gebring kan word nie) vir navorsings- of statistiese doeleindes, in welke geval ons hierdie inligting onbepaald kan gebruik sonder om u verder in kennis te stel.
10. U DATAPRIVAATHEIDSREGTE INGEVOLGE GDPR EN VK-PRIVAATHEID
Onder sekere omstandighede het u in die EEA en VK die volgende regte ingevolge databeskermingswette ten opsigte van u persoonlike data:
Versoek toegang tot u persoonlike data (algemeen bekend as ’n “datasubjek se toegangsversoek”). Dit stel u in staat om ’n afskrif van die persoonlike data wat ons oor u hou, te ontvang en na te gaan dat ons dit wetlik verwerk.
Versoek regstelling van die persoonlike data wat ons oor u hou. Dit stel u in staat om enige onvolledige of onakkurate data wat ons oor u hou, te laat regstel, hoewel ons dalk sal moet vereis dat u die akkuraatheid van die nuwe data wat u aan ons verskaf, moet verifieer.
Versoek uitwissing van u persoonlike data. Dit stel u in staat om ons te vra om persoonlike data te skrap of te verwyder as daar geen goeie rede is om dit verder te verwerk nie. U het ook die reg om ons te vra om u persoonlike data te skrap of verwyder as u u reg op beswaar teen verwerking (sien hier onder) suksesvol uitgeoefen het, as ons u inligting onwettig verwerk het of as ons vereis is om u persoonlike data uit te wis om plaaslike wette na te kom. Let egter daarop dat ons u versoek van uitwissing om spesifieke wetlike redes nie altyd sal kan nakom nie, waarvan u in kennis gestel sal word wanneer u dit versoek, indien van toepassing.
Beswaar teen verwerking van u persoonlike data wanneer ons op ’n regmatige belang (of dié van ’n derde party) staatmaak en daar iets oor u situasie is wat u om hierdie rede wil laat beswaar maak aangesien u voel dat dit ’n uitwerking sal hê op u fundamentele regte en vryhede. U het ook die reg om beswaar te maak waar ons u persoonlike data vir direkte bemarkingsdoeleindes verwerk. In sommige gevalle kan ons toon dat ons dwingende regmatige gronde het om u inligting te verwerk wat u regte en vryhede oorheers.
Versoek beperking van verwerking van u persoonlike data. Dit stel u in staat om ons te vra om die verwerking van u persoonlike data in die volgende situasies te onderbreek: (a) as u wil hê dat ons die data se akkuraatheid moet vasstel; (b) as ons gebruik van die data onwettig is maar u nie wil hê dat ons dit moet uitwis nie; (c) as u wil hê dat ons die data moet hou selfs al het ons dit nie meer nodig nie omdat u dit nodig het om wetlike eise te bevestig, uit te oefen of te verdedig; of (d) as u beswaar gemaak het teen ons gebruik van u data maar ons moet verifieer of ons oorheersende regmatige grond het om dit te gebruik.
Versoek die oordrag van u persoonlike data aan u of aan ’n derde party. Ons sal u, of ’n derde party van u keuse, van u persoonlike data in ’n gestruktureerde, algemeen-gebruikte, masjienleesbare formaat voorsien. Let daarop dat hierdie reg net van toepassing is op geoutomatiseerde inligting waarvoor u aanvanklik toestemming aan ons gegee het om te gebruik of as ons die inligting gebruik het om ’n kontrak met u na te kom.
Trek toestemming enige tyd terug as ons staatmaak op toestemming om u persoonlike data te verwerk. Dit sal egter nie die wettigheid van enige verwerking raak wat uitgevoer is voordat u u toestemming terugtrek nie. As u u toestemming terugtrek, sal ons moontlik sekere produkte of dienste nie aan u kan voorsien nie. Ons sal u, wanneer u u toestemming terugtrek, in kennis stel of dit die geval is.
As u enige van die regte wat hier bo uiteengesit is, wil uitoefen, kontak ons asseblief by [email protected].
In die EEA het u die reg om ’n klagte enige tyd by die toepaslike nasionale toesighoudende gesag in te dien. Byvoorbeeld, in die VK sal dit die kantoor van die inligtingsbeampte (ICO) wees, die VK se toesighoudende owerheid vir databeskermingkwessies (www.ico.org.uk). Ons sal dit waardeer as u ons egter die geleentheid gee om u kwellinge te hanteer voordat u een van die nasionale toesighoudende owerhede nader. Kontak ons dus asseblief eerste.
’n Lys toesighoudende owerhede is hier beskikbaar: http://ec.europa.eu/justice/data-protection/bodies/authorities/index_en.htm..
10.1. GEEN GELD VEREIS
U sal nie enigiets hoef te betaal om toegang tot u persoonlike data te verkry of enige van die ander regte hier bo uit te oefen nie.
11. U DATAPRIVAATHEIDSREGTE VOLGENS CCPA
As u ’n inwoner van Kalifornië is, het u die volgende regte ingevolge die Kaliforniese wet op verbruikersprivaatheid (https://oag.ca.gov/privacy/ccpa) in verband met u persoonlike data:
- Die reg om te weet watter persoonlike inligting ons oor u ingesamel, gebruik, openbaar gemaak en verkoop het. Om ’n versoek in te dien om dit te weet, kontak ons asseblief by [email protected]. U kan ook ’n gemagtigde agent aanstel om namens u ’n versoek om toegang te rig.
- Die reg om te versoek dat ons enige persoonlike inligting wat ons oor u ingesamel het, skrap. Kontak ons asseblief om ’n versoek om skrapping in te dien. U kan ook ’n gemagtigde agent aanstel om namens u ’n versoek om skrapping te rig.
- Die reg om u aan die verkoop van u persoonlike inligting te onttrek.
- Die reg op niediskriminasie vir uitoefening van u regte ingevolge die CCPA-regte.
Wanneer u hierdie regte uitoefen en ’n behoorlike versoek by ons indien, sal ons u identiteit verifieer deur u te vra vir identifiserende inligting soos u e-posadres, telefoonnommer en/of inligting oor u rekening by ons. Ons kan ook ’n derdepartyverifikasieverskaffer gebruik om u identiteit te verifieer. Let asseblief daarop dat daar slegs van ons vereis word om twee keer in ’n tydperk van 12 maande aan hierdie soort versoeke te voldoen.
U uitoefening van hierdie regte het geen nadelige uitwerking op die prys en gehalte van ons goedere of dienste nie.
12. KINDERS
Ons webwerf is gerig op ’n volwasse bevolking (soos persone wat in kliniese navorsing belangstel, gesondheidsorgdeskundiges, beleggers en persone wat inligting oor Trialbee en ons produkte en dienste soek). Ons samel nie met opset inligting van of oor kinders in nie. Moet asseblief nie hierdie webwerf gebruik as u jonger as 18 is nie.
13. ANDER INLIGTING
U moet daarop let dat as ons onderneming (of enige deel daarvan) enige tyd verkoop of oorgedra word, kan die inligting in ons besit ’n deel van die bates vorm wat oorgedra word, hoewel dit steeds net ooreenkomstig hierdie privaatheidsbeleid gebruik sal word.
Vir gehaltebeheer en opleidingsdoeleindes kan ons u kommunikasie met ons monitor of opteken.